Jy weet, daai EEN rok….die een wat altyd net WERK, wel, hier is sy nou!
Sy vloei, sy val sag, sy is vroulik en vleiend, jy hoef nie jou maag in te trek nie, jy kan dit in die somer en in die winter dra, dis net….’n wenner.
Hierdie rok werk ook perfek tydens swangerskap, en vir borsvoeding, maar dit is nie spesifiek daarvoor ontwerp nie. Een rok…vir enige stadium van vrou-wees.
Dis ‘n lang rok, wat agter bietjie laer hang as voor.
Daar is ‘n ekstra stukkie materiaal agter die strikkies, sodat mens nie jou bra sien nie.
Die pof-mou het ‘n rekkie, wat nie styf sit nie, en sodoende opgeskuif kan word, indien jy ‘n driekwart mou wil hê.
Die eerste 8 rokke wat verkoop word, sal ‘n gratis sak bykry.
Ons rokke is met baie liefde en sorg gemaak, was dit asb op dieselfde manier, moet nie tuimeldroog nie.
Watter grootte om te koop?
Dit is die lekkerste deel van hierdie rok, dit pas vir almal, die Mamma in die foto’s is 31 weke swanger, sy dra ‘n small rok. Ons ander model, Bridget, dra ‘n ekstra small.
Onthou, die rok MOET groot en los sit.
Hierdie sal jou help:
x-small: 6/8/10
Small: 10/12
Medium: 12/14
Large: 14/16
X-large: 16/18
“Wat as my rok nie pas nie?”
Jy kan met liefde die rok terug courier na ons toe (courier koste is betaalbaar deur die kliënt), indien die rok in perfekte kondisie is, sal ons vir jou “store credit” vir die waarde van die rok toedien, wat jy dan kan gebruik om ‘n ander grootte te koop, of iets anders.
Hou asb in gedagte dat die materiaal hier en daar ‘n donker stukkie garing ingeweef het in die materiaal, dit is nie ‘n fout van ons kant af nie, al die materiaal wat ons gekoop het lyk so, dis nie rerig sigbaar nie, maar ons noem dit net.



























